Heuristiek

'n Heuristiese tegniek, dikwels bloot 'n heuristiek genoem, is enige benadering tot probleemoplossing, leer of ontdekking wat nie noodwendig optimaal of volmaak is nie, maar aan onmiddellike behoeftes voldoen. Waar dit onmoontlik of onprakties is om 'n optimale oplossing te vind, kan heuristiese metodes gebruik word om die oplossingsproses te versnel. Heuristiek is as't ware verstandelike kortpaadjies wat die kognitiewe lading van besluitneming verlig. Voorbeelde van hierdie metode behels praktiese metodes, ingeligte raaiskote, intuïtiewe beoordeling, stereotipering, profielsaamstelling en gesonde verstand.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search